Dinsdag dinge…

Vandag was een van daai dae wat ek net my gedagtes moet neerskryf en dan as dit uit my sisteem is kan ek lekker lag oor alles.

Ek begin elke dag met die beste intensies. Dit beteken ek beplan aktiwiteite vooruit vir my en Philip  om te doen wat hom besig sal hou en stimuleer. Die realiteit is dinge gebeur nooit soos mens beplan nie.

Vanoggend het ek besluit moet ons gaan stap met die honde sodat almal genoeg oefening en vars lug kan kry. Nou moet ek ook net uitbrei en noem dat ons drie honde het (Husky, Labrador en Jack Russell) So om met ‘n 2 jarige en die drie te gaan stap is nogal ‘n uitdaging al is dit op ‘n plaaspad , want langs ons is daar ‘n besige grondpad met baie plaasbakkies. Philip is op ‘n stadium wat hy net ‘n paar tree stap en dan op my heup wil sit so dis’n geworstel met die ander drie op halters. Daar is baie natuurlewe hier so nou is dit nogal ‘n storie as al drie iets interessant bespeur onder in die pad en tussenin is daar ook orals water wat drup en dan wil seuntjie afklim en eers tyd hier spandeer.Hy wil soms hier sit en oor die lewe dink lyk dit vir my en die drie honde deel nie hierdie rustige oomblik nie,maar dit raak ‘n gesellige oggend en ek was bly ek het vanoggend die moed gehad om dit deur te voer.

Na sy dagslapie moet ons dorp toe gaan die honde moet kos kry. Deesdae is dorp toe gaan vir my ‘n groot hoofpyn, want “tantrums” oor lekkers en karre is nou ‘n werklikheid. Ek is altyd haastig uit die winkel uit, maar eers die groot bepla!nning en die pak van sy sakkie want mens moet mos altyd gereed wees met doeke, ‘n bottel en seker die belangrikste die trekkertjie met waentjie. Zoolah (husky) het weer al my wasgoed van die draad afgeruk so net toe ons by die deur uitstap moet ek eers al die wasgoed red. Uiteindelik probeer ons weer. Philip is uiteindelik in sy stoeltjie vasgemaak, die plaashek is oop en ons is oppad. Ek maak ‘n vinnige opsomming terwyl ons ry wat ek als moet kry.

Vandag gaan heel goed in die winkels, moet daai middagslapie wees. Hy groet soos gewoontlik almal in die winkel en die keer kry ek dit reg om sonder enige lekkers te ontsnap. Oppad terug huistoe besluit ek ons kan netsowel by my ouma tee gaan drink. Sy is 82 en wat ‘n voorreg vir my seuntjie om sy oumagrootjie te ken.My ouma is baie gesondehidsbewus sy swem in oggende, stap in die winter en is baie maer! Sy is ook ‘n klein fyn vroutjie.

Met die aankoms gaan dit vandag baie goed, ons drink lekker tee en eet beskuit en dis ‘n lekker oomblik vir my in my dag om bietjie rustig te wees terwyl Philip om die kombuistafel met sy karretjies speel. Toe moes ouma mos die idee kry in haar kop dat sy ‘n oulike pakkie het vir my om aan te pas. Dit het sy op my toue gedra. Een ding van my ouma is dat sy baie stylvol is so ek het regtig opgewonde geraak. Die realiteit is dat ek nie meer ‘n grootte 32 is nie en daar is nog babavet om te verloor na my seuntjie. Die inligting sit haar egter nie af nie en voor ek my kom kry probeer forseer ek myself in hierdie groen broek in. Hoekom? Ek moes tog weet haar klere sal nooit vir my pas nie. Ek het dit maar weer uitgetrek en toe ek dit in kas sit, sluit sy af …. miskien moet jy bietjie diet.

Ons kuier is effens kortgeknip na hierdie insident.Philip raak opgewonde om huistoe te gaan, hier speel hy te lekker en hy weet dan is sy pa mos ook amper oppad huistoe. By die huis is ek soos gewoontlik besig om te veel goed te dra op een slag. Philip trippel langs my met sy trekkertjie. Toe ek alles neersit moet ek die voordeur sleutel soek. Met ‘n sug besef ek ai , ek moet weer terugdraf bakkie toe want ek kry dit nie in my handsak. Nadat ek die hele bakkie deursoek het kry ek dit nogsteeds nie. Toe weer terug na my handsak voor die deur en ek deursoek dit goed. Pak al die doeke, half geëte stokkielekkers uit nogsteeds niks. Toe begin my brein oortyd werk ek begin dink waar ek orals gestop het want die sleutel moes iewers in ‘n straat le.Moedeloos gaan sit ek net voor die deur en begin hardop te bid. Na ‘n paar minute dink ek by myself dit sal darem nou snaaks wees as ek die deur oopgelos het. Laggend staan ek op en probeer Grendel afdruk …. dit swaai oop.

Toe ek klaar kos gemaak het en by Philip op mat sit en blokkies bou stop hy vir ‘n oomblik en gee my ‘n drukkie en kom sit op my skoot en ek besef dit maak nie saak hoe die dag was vir my nie hy is gelukkig en het dit geniet.

Hierdie oomblikke gaan ek vir altyd onthou lank nadat ek al vergeet het van die broekpakkie 🙂

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s