Die nuwe uitdagings

Die afgelope tyd het baie veranderinge gebring.

Ons is besig om te bou aan ons eie huisie en dit bring maar baie uitdagings. Daar is altyd iets om te doen en min tyd om stil te raak en te dink.

Ek is tans besig om deeltyds te werk en al was dit my baas se idee lyk dit of dit hom nou vang. Dit beteken ek kry heeltyd ekstra werk.As iemand nie iets wil doen word dit my kant toe gegooi. So om dit lig te probeer stel, party dae wil my pot oorkook. Dan tel ek maar tot by drie.

Gelukkig laat my seuntjie my nog ellke dag bietjie lag en dan voel ek weer of ek kan aangaan. Hy is nou so lief vir “muddy puddles” iets wat hy op “Peppa Pig” gehoor het, so hy is altyd besig om in die water te plas met kaalvoete of soms (as ek dit regkry) boots. Dit beteken ook dat as daar nie puddles is nie probeer hy planne maak om te maak.Water uit koppies of glasies op die vloer werk net so goed het hy nou agtergekom. So ek kry orals poele water wat my inwag.

Ek wil meer lag hierdie jaar, meer tyd maak vir die dinge wat saak maak. ‘n beter vrou try wees en defnitief meer laf wees. My seuntjie gaan net een keer twee jaar oud wees en ek wens ek het meer tyd gehad vir die klein dingetjies. So tans is ek op die randjie van groot besluite 🙂

 

 

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s