Mis jou

Ek weet nie waar om te begin of waar om te eindig nie.

Wat ek wel weet is daar moet iewers ‘n punt wees van weer begin.

Dit kan nie moontlik wees om sekere gevoelens net een keer in jou lewe te ervaar nie.

Is liefde en om lief gehê te word dan net gekoppel aan ‘n sekere tydfase in jou lewe.

Ek dink deesdae al hoe meer aan die beginjare van ons liefde.

Ek was al baie kere verlief as jong meisie en het ook drome gehad van hoe liefde moet wees, maar toe ek jou ontmoet het alles net verander. Ek was reg om alles oor boord te gooi vir jou en my hele denkwyse het verander oor passie en liefde.

Dit was so exciting om jou te leer ken. Ons het net nooit ophou vry heelnag aanhou praat en droom. Met jou was dit die eerste keer wat ek werklik mooi gevoel het, bemind gevoel het. Ek dink regtig baie daaroor en as ek dink sien ek kere wat jy ook vir my verlief gelyk het. Die oomblikke wat ek jou liefde vir my kon sien in jou oê, soos op ons trou dag

Kort daarna het ons egter ‘n hele paar klappe van die lewe gehad en om swanger te raak was die eerste groot uitdaging en toets vir ons huwelik. Daar was mense wat ons wou toets, nuwe dorpe, nuwe werke en ons het daardeur gekom. Ons het ons seuntjie gekry wat die Here altyd belowe het.

En dan begin die volgende uitdagings en fase, om weer mekaar te kan vind in die middel van al die chaos van baba, doeke, borsvoed, nagte van siek kind, werk, huisbou.

Ek weet ons bou nou vir die eerste keer aan ons eie droom, ons eie huis, ons lewe saam.

Ek nogsteeds baie lief vir jou en mis jou regtig baie, wens ons kan tyd kry vir mekaar want ek glo ons het dit regtig baie nodig.

 

Mis jou

Advertisements

1 Comment

  1. Julle moet maar vinger uittrek en tyd MAAK. Kinders (veral as hulle nog baie klein is) kan ‘n huwelik ‘n moewiese knou gee. My man het ook die ander dag erken: “Ons het nooit baklei tot hierdie ene gebore is nie…”

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s