Alles het verander!

Dit is so lank vandat ek laas geblog het en al was daar tyd was my kop te deurmekaar.

Waar moet ek begin…

  1. Ek en my man het by ons werk bedank!

Dit was nie maklik nie maar ons het ook nie ‘n keuse gehad nie. Ons was deur diep waters met die maatskappy waar ons gewerk het. Onder andere is ons geterroriseer, my man vals beskuldig en verneder op ‘n daaglikse basis. Iewers kom ‘n mens op ‘n punt waar jy het besef dis nou of nooit en dan maak jy jou oë toe spring.

Ons huisie was (op daardie stadium wat als begin suur word) net klaar gebou en ons het ‘n heenkome gehad, want het in ‘n maatskappy huis gebly. Dit was baie bevrydend om te loop maar ook hartseer en vreesaanjaend.

Toe kom die volgende stap om weer werk te soek. Dit was die een ding wat ons heeltemal gegooi het. In die tipe besigheid waarin ons is, is dit maar ‘n klein wêreldjie en ons moes uitvind dat sommige mense se wreedheid ken geen perke nie. Vorige baas het almal gebel wat hy ken en nonsense gepraat. Gaan nie regtig hierop uitbrei want ek probeer so hard om nou te vergewe en aan te beweeg. Al wat ek besef het is dat as dinge skeefloop is daar altyd iemand wat onder die bus gegooi moet word en dit is gewoontlik nie die mense wat eintlik verantwoordelik is nie.

So daar was baie op en af dae en somtyds het dit op ons huwelik en gesin begin inwerk, want ‘n man kry baie uit ‘n werk meer as ‘n inkomste. Dit is iets wat hom rigting gee en erkenning en as dit wat hy vir 25 jaar al doen nie meer goed genoeg is nie slaan dit hard.

Nou is ons op ‘n nuwe lewenspad. Ons probeer ons eie onderneming begin iets in ‘n ander rigting maar ook wat ons albei ken. Dit is nog in die beginstadium maar ek het besluit om hom te ondersteun en nou moet ek daarby staan. Die laaste paar maande het my so baie geleer en die beste van alles is dit lyk of ons heel anderkant gaan uitkom al het sommige dae so donker gelyk dat ek nie eers ‘n kersliggie kon sien nie.

Familie was ook ‘n ontnugtering vir my! Nie al ons familie was ondersteunend nie. En ek weet dis seker omdat hul bekommerd is maar om elke dag te bel en druk op ons te sit het dit net moeiliker gemaak as wat nodig is. Daar was net ‘n handjievol wat nogsteeds bemoedig en regtig omgee. Mense wat jy gedink het is jou vriende het ook skielik stil geword.

Ek is so dankbaar vir my man en seuntjie en dat ons sterker anderkant gaan uitkom. Ons leer nou ander aspekte van mekaar leer ken. Ons besef nou wat dit beteken “for better or worse”

Ons klein mannetjie blom ten spite van alles en geniet net alles wat hy doen elke dag. Lag uit sy maag vir klein goedjies en sien die skoenlappers en goggas raak.

Dankie Here dat u daar was elke tree so ver end at ek weet u beplan iets beter.

Advertisements

1 Comment

  1. Baie sterkte. Met tyd en harde werk kom alles weer reg. Die lewe neem nie netnie (al voel dit nou so), dit gee wel weer.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s