My storie begin

Ek is ‘n 32 jare ma van ‘n 2 jarige seuntjie, hy is vol lewe en elke dag is ‘n avontuur vir ons.

Die reis tot op hierdie punt in my lewe was glad nie maklik nie. Ons het ses jaar probeer om ‘n baba te hê. Dit het twee operasies behels en baie trane en gebede tot ons wonderwerk opgedaag het.

Daarna het niks meer vir my saak gemaak behalwe hierdie klein mensie nie. Ek het die besluit geneem om voltyds net ma te wees. Dit het beteken dat ek, my  voltydse werk met baie verantwoordelikheid sou opgee en deeltyds van die huis af werk.

Elke dag is vir my ‘n seëning, maar dit beteken nie dat ek nie soms huil van frustrasie nie, maar elke dag lewer iets nuut op en daar is nie ‘n vervelige oomblik nie. Die beste deel van elke dag is natuurlik daai drukkies en soentjies wat spontaan uit sy kinderhartjie kom

5 Comments

  1. Baie geluk en geniet jou groot vreugde. Dankie vir die “follow” op my blog. Ek het op die oomblik groot internet-probleme, maar hoop om dit gou uit te sorteer en jou beter te leer ken op jou blog.

    Like

Leave a comment